Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif & sitrus groep beskik oor n beroepsgeleentheid vir n dinamiese, energieke en stelsel-gerigte persoon om by hul suksesvolle bestuurspan aan te sluit.
SENIOR REKENMEESTER (AUGRABIES OMGEWING) Vereistes: - Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met bogemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Com Rek graad in Finansiële rekeningkunde, of gelykwaardige kwalifikasie, met voltooide klerkskap, ondersteun deur minstens 5-10 jaar ondervinding in verkieslik die landbou of vervaardiging omgewing word ingewag.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Tegniese analitiese vaardighede, met bogemiddelde rekenaarvaardighede in Xero en Excel.
- Die vermoë om beide onafhanklik en as deel van n span te funksioneer.
- Kennis en ervaring van Business Intelligence Tools (BI) en SQL sal voordelig wees.
Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir: - Die byhou van finansiële rekords en verslae, wat insluit maandelikse bestuurstate en verwante verslagdoening.
- Begroting en kontantvloei projeksies.
- Bankrekonsiliasies.
- Krediteure betalings.
- Statutêre opgawes.
- Byhou van bateregisters.
- Koste analises en bestuursrekenkundige funksies.
- Hantering, ondersteuning van finansiële oudits.
- Opstel van finansiële state.
- Algemene finansiële administrasie.
Daar word mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
Stuur CV, met verwysing MOSR , voor 15 Februarie 2025 aan recruitmentovdm.co.za Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was